Die
Ou Evangelie in n modern despensasie – Mario Maneville
2Ti 3:1-17 Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.
2Ti 3:2 Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters,
trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,
2Ti 3:3 sonder
natuurlike liefde, onversoenlik,
kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,
2Ti 3:4 verraaiers,
roekeloos, verwaand, meer
liefhebbers van genot as liefhebbers van God;
2Ti 3:5 mense wat
‘n gedaante van godsaligheid het,
maar die krag daarvan verloën het.
Keer jou ook van hierdie mense af.
2Ti 3:6 Want uit hulle is die wat in die huise
insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande
begeerlikhede gedryf word,
2Ti 3:7 wat altyd leer en nooit tot die kennis van
die waarheid kan kom nie.
2Ti 3:8 En net soos Jannes en Jambres Moses
teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in
die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.
2Ti 3:9 Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want
hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook dié van daardie manne
geword het.
2Ti 3:10 Maar jy het my navolger geword in leer, lewenswandel, planne, geloof,
lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid,
2Ti 3:11 vervolginge,
lyding, soos my te beurt geval het in Antiochíë, in Ikónium, in Listre.
Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal
verlos.
2Ti 3:12 En almal wat ook godvrugtig wil lewe in
Christus Jesus, sal vervolg word.
2Ti 3:13 Maar goddelose mense en bedrieërs sal
voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.
2Ti 3:14 Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie
jy dit geleer het,
2Ti 3:15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die
geloof in Christus Jesus.
2Ti 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is
nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die
geregtigheid,
2Ti 3:17 sodat die
mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
Ons lewe in die laaste dae!
Die woord van God sê dat daar sal swaar tye kom.
Hierdie swaar tye word beskryf in vers 2 to 5 van 2Tim 3. Dit is n duidelike
beskrywing van die moderne despensasie wat ons vandag in lewe.
Ons vergelyk gewoonlik swaar tye met:
Siektes, hongersnood, werkloosheid, drug addictions, gangsterism, ens. Dis wel
swaar kry, maar dis maar net die vrugte van die tyd wat ons nou in lewe.
Die woordjie tye praat van die despensasie waarin ons lewe. Dis die Griekse
woord Kairos – wat beteken n spesifieke tyd of oomblik of seisoen of
despensasie. Die manne praat gewoonlik van n Kairos moment.
Ek wil graag hê ons moet net vir ‘n oomblik kyk
na hoe hierdie laaste dae se “swaar tye”
of “Kairos moment” beskryf word.
Kom
ons kyk gou weer na die Skrif:
Mense
sal liefhebbers van hulleself wees
·
Alles wat
hulle doen kom uit liefde vir self – Matt
16:24 verloën jouself / Matt 8:34
Hy wat sy lewe wil red sal dit verloor.
Geldgieriges,
·
Vandag word
geld en rykdom gepreek as godsaligheid – 1Tim
6 waarsku ons om weg te bly van sulke mense
·
2Pe 2:3
en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek.
Grootpraters,
·
Jud
1:12 noem hulle: waterlose wolke deur winde rondgedrywe, bome
in die nasomer, wat sonder vrugte is, twee maal gestorwe, ontworteld; woeste
golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim,
Trotsaards,
·
Die manne is
altyd trots en verhef hulle self bo almal – Matt 23 praat Jesus van die Farisiers wat altyd die voorste plekke
wil hê in die Sinagoges en wat met eer wil aangespreek word.
·
1Peter 5:5
want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.
·
Mat
23:11-12
Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees. Wie homself verhoog,
sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.
Lasteraars,
·
Hulle gee
hulself voor as God – hulle vat God se eer en wil gedien word asof hulle God
is.
·
Hulle sê ook
hulle is klein gode – dis dieselfde leuen wat satan vir Eva vertel het. Ons is
nie soos Jesus nie! Jesus is die Eniggebore Seun van God ons is aangeneem (Rom8:15) in die familie van God; Weder
gebore uit water en die Gees (Joh3:5)
Ongehoorsaam aan hulle ouers,
·
Hulle ag
hulle self hoër as hul ouers of die wat voor hulle die pad gestap het. Hulle
glo hulle hoef nie vas te hou aan die ou paaie nie en glo hulle het “new
revelations”
·
Prediker 1:9
sê daar is niks nuut onder die son nie.
Ondankbaar,
·
Hulle glo
dit wat hulle bekom is uit hulself gewin en dat hulle dit “deserve”
Onheilig,
·
Hulle lewe
spreek nie van n heilige toewyding aan God nie.
·
Hulle kan
nie soos Dawid bid in Psalm 63 God, U is my
God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ‘n dor en
uitgedroogde land, sonder water.
·
Heb 12:14
praat van ‘n heiligmaking waar sonder niemand vir God sal sien nie.
sonder liefde vir die goeie
·
Hulle is nie
manne wat sal opstaan vir dit wat reg en goed is nie.
·
Hulle sal
tradisie van mens hoër stel as die Woord van God
·
Lieg word
genoem “ek praat in die geloof” – Trotsheid is verdraai na “wie ek is in
Christus” – Begeerlikheid en geldgierigheid word gesien as God se Gees wat jou
wil dryf na rykdom
·
1Jn 2:15 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As
iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie
meer liefhebbers van genot as
liefhebbers van God
·
Hulle prys
en lofsange is gemik daarop om vir die mense n lekker tyd te gee en is glad nie
meer ‘n uitvloei van opregte aanbidding tot God nie
·
Joh 4:23 Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer
die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader
soek ook mense wat Hom só aanbid.
mense wat ‘n gedaante van
godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën
·
Net soos die
Farisiers het die manne n gedaante van godsaligheid, maar hulle lewe weerspeël
nie die vrugte wat by die bekering pas nie.
·
Die krag van
God se Gees is nie wanneer mense omval en in tale praat nie, maar wanneer hulle
die vrugte van die Gees dra.
·
Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde,
blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid,
sagmoedigheid, selfbeheersing.
Mat 7:19 Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word
uitgekap en in die vuur gegooi.
Mat
7:20 So sal julle hulle dan aan hul
vrugte ken.
Mat
7:21 Nie elkeen wat vir My sê: Here,
Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen
van my Vader wat in die hemele is.
Mat
7:22 Baie sal in daardie dag vir My sê:
Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe
en in u Naam baie kragte gedoen nie?
Mat 7:23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle
nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!
Ons
lewe in n generasie wat gedurig op soek is na tekens:
Jesus sê in Matt 16:4 ‘n Slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken,
en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van Jona, die profeet. En Hy het hulle verlaat en
weggegaan.
Ons hardloop wanneer ons hoor van n sekere
profeet of iemand wat n genesings gawe het. Ons soek na “signs & wonders”
Maar Jesus sê dat die enigste teken wat gegee
sal word is die teken van Jona.
Die teken
van Jona verwys na die verkondiging van die Evangelie.
·
Jona was gestuur om vir Nineve te
roep tot bekering.
·
Jona was vir 3 dae in die buik van n
vis – Jesus was vir 3 dae in die graf
·
Die derde dag word Jona uit gespoeg
– Jesus staan die derde dag op
·
Jona verkondig aan Nineve die woord
van God en waarsku hulle dat as hulle nie bekeer / weg draai van sonde nie gaan
God hulle verwoes – Jesus gee Sy opdrag aan Sy dissipels om die Evangelie te
verkondig aan almal op die aarde
·
Jona 3:10 En God het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het van hulle verkeerde weg; toe
het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie.
Ons sien dan hier dat die teken van Jona / Die preek van die Evangelie die enigste teken
van hoop vir hierdie moderne despensasie is!
Kom
ons kyk nou na wat die Bybel sê wat die Ou Evangelie is.
Wat
beteken dit om die ware Evangelie van Jesus Christus te verkondig?
‘n
Samevatting van die Evangelie:
2Kor
5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde
geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in
Hom.
Griekse
Woorde boek: Strong’s Greek Lexicon – euaggelion
Evangelie in die oorspronklike teks is: yü-än-ge'-lē-on – Goeie Nuus!
A.
Dis die verkondiging van goeie nuus, wat van n koning, op ‘n
onveranderlike bevelskrif skrywe, aan sy mense oorgedra moet word.
Hoekom is die Evangelie “Goeie Nuus”?
Hoekom is dit goeie nuus dat Jesus vir ons sonde
gesterwe het?
Ek vertel altyd die storie van ‘n Rasta wat gesê
het dat hy nie gesê het Christus moet vir sy sondes sterf nie! Hy het nie ‘n
benul hoekom dit goeie nuus is nie want hy weet nie wat die slegte nuus is nie!
Jy kan slegs weet waarom iets goeie nuus genoem word wanneer jy die slegte nuus gehoor het.
Voorbeeld:
ARV’s is slegs goeie nuus vir jou wanneer jy diagnoseer word met HIV. Die een
wat nie weet hy is HIV positive nie, stel nie belang aan ARV’s nie.
Wat is die Slegte Nuus?
God is
goed en ons is nie!
Jesus
is heilig en ons is werkers van ongeregtigheid!
Ons is
sondaars en die loon van die sonde is die dood!
God is ‘n
heilige, en regverdige Regter en moet dus sonde straf waar ook al Hy dit vind!
God is Heilig
Exo 15:11
O HERE, wie is soos U onder die gode? Wie is soos U, verheerlik in heiligheid, gedug in roemryke
dade, een wat wonders doen?
1Sa 6:20 Toe sê die manne van Bet-Semes: Wie kan diens doen voor die aangesig van
die HERE, hierdie heilige God? En na wie toe sal Hy optrek van ons af? – (God het vyftig duisend man
dood geslaan omdat hulle in die ark gekyk het)
Jesaja
6:1-5
Isa 6:1 In die sterfjaar van koning Ussía het ek die
Here sien sit op ‘n hoë en verhewe troon,
terwyl sy some die tempel gevul het.
Isa 6:2 Serafs het bo Hom gestaan; elkeen het ses
vlerke gehad: met twee het hy sy aangesig
bedek, en met twee het hy sy voete
bedek, en met twee het hy gevlieg.
Isa 6:3 En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die HERE van
die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!
Isa 6:4 En die drumpelposte het gebewe van die geluid
van die roepers, en die huis het vol rook geword.
Isa
6:5 Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is ‘n
man onrein van lippe en woon
onder ‘n volk wat onrein van lippe
is; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien!
God Haat
Sonde
Psa 5:5 (5:6) Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.
Psa 5:5 (5:6) Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.
Psa
7:11 (7:12)
God is ‘n regverdige regter, en ‘n God wat elke
dag toornig is.
Psalms
7:11 God is a just judge, And God is angry with the
wicked every day.
Psa
11:5
Die HERE toets die regverdige; maar
sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.
Rom
9:13
Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.
Ja nee, dis harde woorde maar ons moet
die waarheid preek omtrent wat die Skrif sê omtrent God – nie hoe ons voel
daaroor nie!
Wat is die
doel van sonde?
Die
hoof doel van sonde kan gesien word in satan se ambisie toe hy in sy hart teen
God gerebeleer het.
Jesaja
14:12-14
Isa
14:12 Hoe het jy uit die hemel geval, o
môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan,
oorweldiger van die nasies!
Isa
14:13 En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die
uithoeke van die Noorde.
Isa
14:14 Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!
In Kort – Die hoof doel van
sonde is om vir God van Sy troon af te skop en Sy regmatige plek as soewereine
heerser van die heelal oor te neem. Sonde is dus ‘n direkte aanval teen God met
die doel daarop om Hom te vermoor. Joh
8:44 Hy (satan) was ‘n mense moordenaar van die begin af.
Rom
8:7
omdat wat die vlees bedink, vyandskap
teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit
kan ook nie.
Rom
3:23
want almal het gesondig en
dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,
Sonde is ‘n misdaad
teen ‘n Ewige God en dra dus ‘n oordeel met ewige nagevolge.
God Moet
sonde veroordeel
Heb 9:27 En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel,
Heb 9:27 En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel,
Prediker
12:14
Want God sal elke werk
bring in die gerig wat kom oor al
die verborge dinge, goed of sleg.
Eze
18:4
Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van
die seun—hulle is myne; die siel wat
sondig, dié moet sterwe.
Joh
3:18
Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel
omdat hy nie geglo het in die Naam
van die eniggebore Seun van God nie.
Openbaring 21:8 Maar wat die
vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en
hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.
Jou sonde het ‘n skeiding gebring tussen jou en GOD
Isa 59:2 maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.
God se standaard vir ons om in Sy teenswoordigheid te kom is niks minder as volmaaktheid nie.
Isa 59:2 maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.
God se standaard vir ons om in Sy teenswoordigheid te kom is niks minder as volmaaktheid nie.
Mat 5:48 Wees julle dan volmaak soos julle Vader in
die hemele volmaak is.
Wat
is die implikasies van dit vir die mens?
Dit beteken dat Niemand die Koningkryk sal
ingaan sonder ‘n perfekte regverdigheid
nie. Daar is dus geen hoop vir die
wat nie in Christus is nie!
Rom 3:10 soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.
Eph 2:12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd
van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van
die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.
Isa 64:6 Sê dat ons goeie werke soos vuil lappe voor God is. (Ons geregtigheid is soos besoedelde klere.)
Geen mens sal ooit God se standard van volmaaktheid kan bekom
nie! – Wie van ons kan waarlik sê da tons nog nooit gelieg het nie?
Die Uitermate
Sondigheid van die mens.
Psa 51:7 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.
Psa 51:7 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.
Rom 3:10 soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een
nie.
Almal wat nie in Christus is nie is tans onder die wraak van
God.
Joh 3:36 Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien
nie, maar die toorn van God bly op
hom.
Jy sê dalk: “Ek
ervaar geen wraak of toorn nie. Ek het ‘n goeie lewe!
Rom
2:4
Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en
lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die
goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie?
Wat is sonde?
Sonde is om jou eie pad te loop – laat my wil geskied!
Isa 53:6a Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop
Sonde is om jou eie pad te loop – laat my wil geskied!
Isa 53:6a Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop
Pro
14:12
Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens
reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
1Jn
3:4
Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid.
Die Skrif is duidelik! Sonde is om te
lewe asof God nie vir ons ‘n wet gegee het om te onderhou nie – Dis om te lewe
net soos jy wil!
Rom
3:23
want almal het gesondig en
dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,
Jas
2:10
Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.
Rom
6:23
Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
So wat is die Goeie Nuus? Is daar ‘n manier
vir ‘n sondaar om gered te word?
Die Redding in JESUS Christus
Daar is Goeie Nuus! Daar is ‘n Redder! ‘N Heiland! ‘N Verlosser!
Die Redding in JESUS Christus
Daar is Goeie Nuus! Daar is ‘n Redder! ‘N Heiland! ‘N Verlosser!
Miskien sit u hier tussen die manne van God en jy
dink dalk dat hierdie boodskap is sekerlik nie vir my nie. Ek smeek jou…
Ondersoek jouself! Jy is dalk Nicodemus!
2Co
13:5
Ondersoek julself of julle in
die geloof is; stel julself op die proef.
Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nie—as julle
ten minste nie verwerplik is nie!
Mat
7:21
Nie elkeen wat vir My sê: Here,
Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie
Moet nie toelaat dat jou trots jou weghou van God se redding nie! Jesus
is die weg vir jou ook! Daar is Goeie nuus vir jou ook!
Joh
14:6
Jesus antwoord hom: Ek is die weg
en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Act
4:12
En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat
onder die mense gegee is, waardeur ons
gered moet word nie.
Hoe het God redding moontlik gemaak vir Ek en U?
2Kor 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie,
sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
Die Kruis-dood van
Jesus Christus is die prys wat betaal moes word vir ons redding.
·
Die Vader het Sy regverdige wraak op Sy Heilige, sondelose Seun
uit gestort; sodat Hy Sy baremhartigheid en groot genade kan skenk aan elke
sondaar wat hom bekeer en sy geloof in Christus plaas as Heer en Meester.
·
Die Vader het vir Jesus behandel asof Hy my sondige lewe gelewe
het, sodat Hy vir my kan behandel asof ek Jesus se perfekte heilige lewe gelewe
het. – “divine exchange”
Matt 11:28-30
Mat
11:28
Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek
sal julle rus gee. 29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek
is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; 30
want my juk is sag en my las is lig.
Rom 10:9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;
Rom 10:13 Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
Redding is die
verlossing uit die mag van sonde en sonde se gevolge. – (maar hoe lyk dit in
die praktyk?)
Jou Redding is ‘n
verbintenis en ‘n toewyding van jou lewe tot die heerskapy van Jesus Christus.
Dis meer as net ‘n belydenis. Dis ‘n leefstyl!
Mat
16:24-26
Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself
verloën en sy kruis opneem en My volg. 25 Want elkeen wat sy lewe
wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat
sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.
26 Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele
wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy
siel?
Is
jy oortuig daarvan dat jy ‘n sondaar is wat God se Baremhartigheid nodig het?
Mar
2:17
En toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die
geneesheer nie nodig nie, maar die wat
ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
2Co
7:10
Want die droefheid volgens die
wil van God werk ‘n onberoulike bekering
tot redding, maar die droefheid van die
wêreld werk die dood.
Die Terme
van JESUS CHRIST – Bekering & Reddende Geloof
Wat is Jesus se terme vir ‘n reddened verhouding met Hom?
Eerste Term, Bekeering
Mar 1:14 En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig 15 en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.
Wat is Jesus se terme vir ‘n reddened verhouding met Hom?
Eerste Term, Bekeering
Mar 1:14 En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig 15 en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.
Act
3:19
Kom dan tot inkeer en bekeer
julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die
aangesig van die Here mag kom
Act
17:30
God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer
Luk
13:3
Nee, sê Ek vir julle; maar as
julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.
Sonder ware Bybelse Bekeering is daar geen ware Bybelse redding nie!
Jy moet jouself verloën, jou kruis
opneem en Hom volg!
Tweede Term, Reddende Geloof. Wat is reddened Geloof?
Dis die genade gawe van God wat jou
instaat stel om jou vertroue (geloof) en afhanklikheid te plaas in Jesus
Christus as jou Here en Verlosser.
Act 16:31 Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.
Act 16:31 Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.
|
Jas 2:19 Jy
glo dat God één is. Jy doen goed; die
duiwels glo dit ook, en hulle sidder.
Jas 2:20 Maar
wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?
|
Daar
kom ‘n Dag van Oordeel!
Act 17:31 Sê dat God ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel…
Act 17:31 Sê dat God ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel…
Heb 9:27 En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel,
2Th
1:7
en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die
openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele
2Th
1:8
in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die
wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.
1. As jy jou nie
verooitmoedig en jou lewe neer gooi voor die baremhartigheid van Here Jesus
nie, sal jy val voor die regter stoel van Sy wraak.
2. As jy nie jou knieë
nou buig voor Jesus as Meester nie, Sal
jy dit doen in die oordeel."
3. Jou lewe sal
veroordeel word volgens God se wetlikke standaard!
Die bewys van jou
duisende sonde sal oortuigend teen jou getuig!
1. Elke onreine gedagte.
2. Elke verkeerde motief.
3. Elke ydele woord.
4. Elke selfsigte aksie.
Die uitspraak sal Skuldig wees.
Die vonnis, die poel
van vuur en swawel wat vir ewig brand.
Jy sal die onverdunde
wraak van Jesus Christus se oordeel ervaar.
Rev
6:15
en die konings van die aarde
en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die
magtiges en al die slawe en al
die vrymense het hulle weggesteek in
die spelonke en in die rotse van die berge,
Rev
6:16
en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die
aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;
Rev
6:17
want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?
Die Finale Vraag...
Wat sal jy doen met die Here Jesus Christus?
Wat sal jy doen met die Here Jesus Christus?
Jy het net twee
opsies!
1. Bekeer jou en glo die
Evangelie
2. Gaan voort en lewe
soos jy wil, en bly op die weg wat lei na die ewige verderf.
Kom na Jesus toe op Sy terme of verwerp
Hom en sterf in jou sonde!
Mat
7:13
Gaan in deur die nou poort,
want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is
baie wat daardeur ingaan.
Mat
7:14
Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is
min wat dit vind.
Ek pleit by jou… BEKEER JOU EN GLO DIE EVANGELIE
2Co 6:2 Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.
Ek pleit by jou… BEKEER JOU EN GLO DIE EVANGELIE
2Co 6:2 Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.
Heb
3:7-8
Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor,
8 verhard julle harte nie
soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie,

No comments:
Post a Comment